Verre Ooste

Ligging van die Verre Ooste

Die Verre Ooste is 'n Eurosentriese term wat dikwels gebruik word om Suid-Asië, Oos-Asië en Suidoos-Asië aan te dui. Soms word die mees oostelike geleë gedeelte van Rusland; die Russiese Verre Ooste (met as belangrikste hawe Wladiwostok) en die westelike Stille Oseaan ook hierby ingesluit.

Voor die koloniale era het die term "Verre Ooste" verwys na enigiets verder oos as die Midde-Ooste.[1] Die term is gedurende die tydperk van die Britse Ryk as 'n versamelnaam vir lande oos van Brits-Indië gewild gemaak.

  1. (en) Robert Sewell (1901). A Forgotten Empire: Vijayanagar; A Contribution to the History of India.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search